Dit het beslis nie hoogtevrees nie, kan 'n boelie en 'n breker wees en jy weet nooit of dit vír jou of téén jou is nie. Sy naam is Rentekoers, of in die geval van eiendom, verbandkoers; die koers wat jy betaal vir die gebruik van die bank se geld om 'n eiendom aan te skaf. Die uitstekende groei van residensiële eiendom sedert die jaar 2000 en die maklike beskikbaarheid van goedkoop geld  het ons aangemoedig om verbandskuld tot die absolute maksimum aan te gaan. Honderd persent lenings, plus oordragkostes, asook geld vir opgraderings, was algemeen. Bestaande verbande is a.g.v. goeie waardevermeerdering verder belas met tweede verbande,  voertuie, vakansies en selfs Sussie se troue is met verbandgeld betaal.

Kursusse is daagliks geadverteer hoe om eiendomsmiljoenêrs te word en groot winste het in kort periodes gerealiseer. Dit het gelyk of die wiel nooit weer sou draai nie! Groei op residensiële eiendom verander toe soos volg:  32% in 2004;  22,6% in 2005; 15,2% in 2006; 9% in 2007 en wie weet na wat in 2008. Brandstof- en voedselpryse skiet die hoogte in en inflasie is volgens mnr.Tito Mboweni die rede dat rentekoerse tot die huidige 15,5% styg.  Dit beteken dat die maandelikse terugbetaling per R1000 op 'n lening teen die huidige rentekoers oor 'n tydperk van 20 jaar, R13.54 beloop.

 

Ons het die statistiek van Langenhovenpark oor 'n 12 maande periode geneem en die volgende inligting verkry:

  • Die gemiddelde koopprys was R1 121 000.00.
  • Wat lenings betref, het 41% van die kopers meer as  die koopprys geleen, 17% die volle koopprys, 29% minder as die koopprys en 13% was kontantkopers.
  • Die maandelikse paaiement-terugbetaling teen 15,5%  oor 'n 20-jaar periode beloop R15 178.30.
  • Die totale terugbetaling oor 20 jaar beloop  R3 642 480.00, waarvan R2 521 480.00 rente verteenwoordig.
  • Die eerste 12 maande is R182 123.90 terugbetaal  waarvan R173 134.00 rente was en slegs R8990.00 se kapitaal gedelg is.
  • Indien 'n R100 000.00 deposito betaal is, sou die besparing R1 138 960.00 beloop het en die lening sou binne 14 jaar in plaas van 20 jaar, afbetaal wees.

Lesse om te onthou

  • Rentekoerse styg en rentekoerse daal. Dit het sedert  1986 tussen 10,5% en 24% beweeg.
  • Respekteer jou begroting.
  • Korttermynskuld met langtermyn-finansiering is doodwurgskuld.
  • Eiendom bly 'n langtermyn belegging.
  • Kapitaalwinsbelasting is besig om 'n faktor te word.
  • Kry kundige advies.

Nou is die tyd om te koop

Ten spyte van alles bly eiendom 'n goeie belegging en jou oupa was reg toe hy gesê het huisskuld is goeie skuld! Bring jou behoeftes en begroting sodat ons met die nodige inligting jou kan help om die regte keuses te maak. Pryse is realisties en dis die ideale tyd om die eiendomsmark te betree. As jy met die regte inligting reg beplan, kan rentekoerse sy vriendelike kant wys en jou die eienaar van jou eie dak oor jou kop maak!

Deur Theun Duvenhage

Suburb Search



Want To Sell Your Property? Then Click Here

Homesellers Mistakes

Testing the market

Never put your property on the market unless you really want a sale! Get ready for a professional sales advantage when you list with our agents.

If your plan harbors some indecision, resolve it before you list because success is our only objective!

Woodland Hills Downloadable Documents